"Geteel om funksioneel doeltreffend te wees"
Die Afrikaner is inheems en baie gehard maar was nie doeltreffend genoeg in die grootbeesplaasstreke van SA nie. Alhoewel hulle goed aangepas was vir die subtropiese en dorre landsterke, het hulle te stadig gegroei en was hulle ook nie vrugbaar genoeg nie. Daarom is daar besluit om 'n sintetiese beesras te skep wat nog steeds aanpasbaar was maar meer produktief as die Afrikaner. Die Europese rasse wat die beste gekombineer het met die Afrikaner was die Hereford en Korthoring. Gladde haar, dik vel en vlesige bulle met goeie moeders is gepaar met gevleisde, vrugbare koeie met baie melk.
|
Herefordbul |
|
Herefordkoei met kalf
Die Hereford is beter benutters van weiding, is meer hitte-bestand en het 'n meer egalige vet verspreiding as die Korthoring
|
|
Korthoringkoei |
|
Korthoringbul |
Die Korthoring is ingebring omdat hulle vinniger geslagsryp word en meer melk produseer asook 'n eenvormige rooi kleur het.