Ons teel prestasiegetoetsde Bonsmaras op harde suurveld teen die Outeniquas naby Mosselbaai. Die beeste is gesout teen Hartwater, Rooiwater en Galsiekte. Die kudde bestaan uit honderd teelkoeie. Bulle is gebruik vanaf Matthys Strydom (George), Glyn Handley (Grahamstad), Lawrence Ralfe (Newcastle), Hans van Rooyen (Umpukane - Clocolan) en Peter Knott - Fort Beaufort
Monday, 26 December 2011
Kunsmatige Inseminasie
Hierdie Teelseisoen het ons 10 koeie ge-KI met AG 05-78 (Arthur de Villiers) en 10 met saad vanaf CEF 05-392 (Fourie Scheepers)
No comments:
Post a Comment