Nuwe bul vanaf Peter en Brett Knott van Botha's Post in die "smal deel" naby Fort Beaufort in die Oos-Kaap: BP10020. Sy pa is CCV 05080 van Cecil van der Merwe wat ook boer in die Oos-Kaap en sy oupa is die alombekende AG 98338. Die bul is gekoop op die "Frontier" veiling in Grahamstad in Augustus 2012
Ons teel prestasiegetoetsde Bonsmaras op harde suurveld teen die Outeniquas naby Mosselbaai. Die beeste is gesout teen Hartwater, Rooiwater en Galsiekte. Die kudde bestaan uit honderd teelkoeie. Bulle is gebruik vanaf Matthys Strydom (George), Glyn Handley (Grahamstad), Lawrence Ralfe (Newcastle), Hans van Rooyen (Umpukane - Clocolan) en Peter Knott - Fort Beaufort
Friday, 25 January 2013
Nuwe bul van Peter Knott
Nuwe bul vanaf Peter en Brett Knott van Botha's Post in die "smal deel" naby Fort Beaufort in die Oos-Kaap: BP10020. Sy pa is CCV 05080 van Cecil van der Merwe wat ook boer in die Oos-Kaap en sy oupa is die alombekende AG 98338. Die bul is gekoop op die "Frontier" veiling in Grahamstad in Augustus 2012
Thursday, 24 January 2013
Nuwe stoetbul van Lawrence Ralfe - "Up-George" kom van Newcastle, Natal
Tuesday, 22 January 2013
Monday, 21 January 2013
Bonsmara is 5/8 Afrikaner 3/16 Korthoring en 3/16 Hereford - sorgvuldig uitgesoek deur Prof Jan Bonsma
"Geteel om funksioneel doeltreffend te wees"
Die Afrikaner is inheems en baie gehard maar was nie doeltreffend genoeg in die grootbeesplaasstreke van SA nie. Alhoewel hulle goed aangepas was vir die subtropiese en dorre landsterke, het hulle te stadig gegroei en was hulle ook nie vrugbaar genoeg nie. Daarom is daar besluit om 'n sintetiese beesras te skep wat nog steeds aanpasbaar was maar meer produktief as die Afrikaner. Die Europese rasse wat die beste gekombineer het met die Afrikaner was die Hereford en Korthoring. Gladde haar, dik vel en vlesige bulle met goeie moeders is gepaar met gevleisde, vrugbare koeie met baie melk.
Die Korthoring is ingebring omdat hulle vinniger geslagsryp word en meer melk produseer asook 'n eenvormige rooi kleur het.
Die Afrikaner is inheems en baie gehard maar was nie doeltreffend genoeg in die grootbeesplaasstreke van SA nie. Alhoewel hulle goed aangepas was vir die subtropiese en dorre landsterke, het hulle te stadig gegroei en was hulle ook nie vrugbaar genoeg nie. Daarom is daar besluit om 'n sintetiese beesras te skep wat nog steeds aanpasbaar was maar meer produktief as die Afrikaner. Die Europese rasse wat die beste gekombineer het met die Afrikaner was die Hereford en Korthoring. Gladde haar, dik vel en vlesige bulle met goeie moeders is gepaar met gevleisde, vrugbare koeie met baie melk.
Herefordbul |
Herefordkoei met kalf Die Hereford is beter benutters van weiding, is meer hitte-bestand en het 'n meer egalige vet verspreiding as die Korthoring |
Korthoringkoei |
Korthoringbul |
Subscribe to:
Posts (Atom)